Behuisingsituasie in Oshana-streek ‘van die beste’

Die Nasionale Behuisingsonderneming het tot dusver 144 huise ter waarde van 59,5 miljoen Namibiese dollar in die Oshana-, Oshikoto- en Omusati-streke gebou. Dit behels 70 huise in Okahao teen ‘n totale waarde van 27 miljoen dollar; 50 eenhede in Omuthiya teen 20,5 miljoen dollar en 12 miljoen dollar wat belê is in 24 huise in […]

Read More

Vervroeg verkiesing, vra SA party

Die Activists and Citizens Forum in die buurland vra die algemene verkiesing aanstaande jaar moet vervroeg word en verwerp die voorstel van uitstel deur die voormalige statistikus-generaal, Pali Lehohla. Die party voer aan uitstel is ‘n ontoereikende oplossing vir die veelvlakkige krisisse in die land. Woordvoerder Dennis Bloem sê die regering se mislukking is duidelik […]

Read More

Griekeland sluit aan by Rooi See-vlootkoalisie

Griekeland sal hom by ‘n vlootkoalisie onder leiding van die VSA aansluit om die wêreldwye skeepvaartroete van die Rooi See te beskerm teen Jemen se Houthi-rebelle. Die Griekse verdediging-minister, Nikos Dendias, het aangekondig dat ‘n Griekse vlootfregat in opdrag van die premier, Kyriakos Mitsotakis, by die taakspan sal aansluit. Hy sê as ‘n vooraanstaande skeepsvaartnasie […]

Read More

‘Gaan selfoonkontrakte met kinders aan oor porno’

Ouers word versoek om selfoonkontrakte met hulle kinders aan te gaan, aangesien ‘n onlangse studie toon meer as die helfte van kinders van nege tot 17 jaar oud het beelde van seksuele aard op hulle fone gevind. Die Disrupting Harm-opname vir 2022 deur die Suid-Afrikaanse Regshervormings-kommissie onthul kinders word op hul eie toestelle en op […]

Read More

Hier kom die groen nommerplate

Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad se voertuie gaan nuwe nommerplate kry, het die parlement aangekondig. Die voertuie sal vanaf 1 Januarie groen nommerplate dra met die afkortings ‘LNA’, vir Wetgewende Nasionale Vergadering, en ‘LNC’ vir Wetgewende Nasionale Raad. Die parlement sê in ‘n verklaring hierdie nommerplate maak maklike identifikasie deur die publiek moontlik. […]

Read More

ATM-party kap na Impala Bafokeng Platinum Resources

Die African Transformation Movement het die optrede van die bestuur van Impala Bafokeng Platinum Resources veroordeel in sy versuim om kwessies op te los wat deur sy werknemers geopper is. Dit volg op die tragiese dood van 13 werknemers in ‘n ondergrondse personeel-vervoerongeluk. Die ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, sê geen tasbare stappe is klaarblyklik gedoen om […]

Read More

Israel beveel meer Gaza-ontruimings

Israel het meer ontruimings in die suide van Gaza se hoofstad beveel. Diplomate gaan voort met pogings om ‘n skietstilstand in die oorlog te verseker wat volgens Hamas reeds 20 000 lewens geëis het. Die Verenigde Nasies sê Israel het ontruimingsbevele uitgereik vir groot gebiede van Khan Yunis, waar meer as 140 000 haweloses skuil. […]

Read More

Twee Zim krieketspelers geskors oor dwelms

Krieket: Zimbabwe het twee nasionale spelers vir die gebruik van dwelms vir ontspanning geskors. Volgens die raad het Wesley Madhevere en Brandon Mavuta albei positief getoets vir ‘n verbode dwelmmiddel in ‘n interne dwelmtoets buite kompetisies. Hulle is met onmiddellike effek geskors totdat ‘n verhoor plaasvind oor die oortreding van teen-dwelmreëls. Die raad het nie […]

Read More

Kom besoek die Swakopmund Straatkermis!

Die Swakopmund Straatkermis in Daniel Tjongarerolaan is in volle swang. Die geleentheid is ‘n viering van gemeenskapsgees en bied aan plaaslike inwoners en besoekers ‘n geleentheid om saam te kom en gesellig te verkeer in ‘n feestelike omgewing. Daar is ‘n verskeidenheid kos-stalletjies asook stalletjies met onder meer gesondheidsorg- en skoonheidsprodukte, handgemaakte speelgoed, allerhande kuns […]

Read More

Tigers se Britz het planne met span

James Britz, die Tigers se hoofafrigter, wil sy span in die Debmarine Premierliga se tweede been met ten minste twee aanvallers versterk. Hy sê die byvoeging van sulke vuurkrag sal die klub se vooruitsigte aansienlik verbeter en sal die gaping op die log-leiers en verdedigende kampioene, African Stars, met wie hulle Sondag 2-elk gelykop gespeel […]

Read More