Resiesperde gesteel vir onwettige resies

‘n Noord-Kaapse veearts, Sherike van der Merwe, spreek kommer uit oor die diefstal van volbloed resiesperde in die Kimberley-omgewing vir onwettige resies. Van der Merwe sê die meeste van die diere wat in die resies gebruik word, word uit stalle gesteel, soos in ‘n onlangse voorval waarin vyf perde gesteel is by die Voorslag-perdeklub. Die […]

Read More

Minstens 34 sterf in modderstorting

Amptenare skarrel om oorlewendes te bevry nadat ‘n modderstorting wat deur swaar reën in die noordweste van Colombia veroorsaak is, minstens 34 mense gedood en dosyne beseer het op ‘n besige snelweg. Die modderstorting het ‘n pad bedek wat die stede Quibdo en Medellin in die Stille Oseaan-provinsie Choco verbind. Reddingswerkers en honde van regoor […]

Read More

Friends-draaiboeke maak groot geld

Draaiboeke van twee episodes van die TV-reeks Friends wat in die Verenigde Koninkryk afspeel en wat uit ‘n asblik gered is, is vir meer as ‘n halfmiljoen Namibiese dollar verkoop. ’n Voormalige personeellid by Fountain Studios in Wembley het die seisoen-vier finale-episode-draaiboeke in 1998 gevind nadat dié twee episodes verfilm is. Hanson Ross-afslaers in Royston, […]

Read More

Namibië, Angola ‘moet grensooreenkomste operasioneel maak’

Daar bestaan ‘n behoefte om bilaterale instrumente en ooreenkomste tussen Namibië en Angola oor grensverwante aangeleenthede operasioneel te maak, sê die adjunk-eerste minister en minister van buitelandse sake, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Dit vereis die aktivering van die goewerneursforum en die gesamentlike tegniese komitee, het sy by ‘n vergadering met die Angolese buitelandse betrekkinge-minister, Tete Antonio, in […]

Read More

Vakbond bring Arbeidshof-saak teen minister vir ‘nepotisme’

Die buurland se gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, het ‘n saak in die Arbeidshof aanhangig gemaak teen die maatskaplike ontwikkeling-minister, Lindiwe Zulu, vir beweerde nepotisme. Die aansoek bevraagteken die aanstelling van Linton Mchunu as waarnemende direkteur-generaal van Maatskaplike Ontwikkeling. Zulu het in Augustus 2023 te doen gekry met aanklagte van nepotisme omdat sy na bewering […]

Read More

Eerste VN-troepe verlaat DR Kongo in April

Sowat 2 000 VN-troepe sal teen einde April die onrustige oostelike gebiede van die Demokratiese Republiek van die Kongo verlaat, in die eerste fase van die vredesending se beplande onttrekking uit die land. Die VN-Veiligheidsraad het die einde van die sending in Desember goedgekeur, ná ‘n versoek deur die Kongolese president Felix Tshisekedi om die […]

Read More

Van der Dussen, Rickelton lei MI Cape Town na sege

Krieket: ‘n Honderdtal deur Rassie van der Dussen en 98 van sy mede-aanvangskolwer, Ryan Rickelton, het MI Cape Town gister gelei na 243 vir vyf en ‘n oorwinning met 98 lopies in hulle SA20-wedstryd teen die Joburg Super Kings op die Wanderers in Johannesburg. Die Super Kings is almal uitgehaal vir 145 in 17 beurte […]

Read More

Leerders soek nog plek in skole in Kavango-Oos 

Nagenoeg 1 300 leerders moet nog plekke in skole in die Kavango-Oos-streek kry. Die waarnemende onderwysdirekteur, Christine Silima, is egter vasbeslote dat hulle geakkommodeer sal word wanneer skole vandeesweek heropen. Silima het met plaaslike media gepraat oor die situasie in Rundu.

Read More

SA Padagentskap gaan 70 tenders uitreik

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap beplan om oor die volgende paar weke ‘n minimum van 70 tenders uit te reik. Dertig persent van die kontrakte is ontwerp vir kleiner konstruksiemaatskappye in swart besit. Die uitvoerende hoof van Sanral, Reginald Demana, het aangekondig die inisiatief sal uitloop op bykans 28 miljard Suid-Afrikaanse rand se tenders wat in […]

Read More

Taiwan verkies DPP vir derde termyn

Taiwanese kiesers het die regerende Demokratiese Progressiewe Party se presidentskandidaat Lai Ching-te aan bewind geswiep en Chinese druk om hom te verwerp ten sterkste verwerp, terwyl China sê hy sal nie opgee om “hereniging” te bewerkstellig nie. Lai se party, wat Taiwan se afsonderlike identiteit verdedig, het ‘n ongekende derde agtereenvolgende termyn van vier jaar […]

Read More