Engen-verkoop ‘deur Mededingingskommissie goedgekeur’

Kosmos 94.1 Nuus het verneem dat die Namibiese Mededingingskommissie die verkoop van Engen Namibië en Engen Botswana wat deur Petrobas besit word, aan Vitol Emerald Bidco, ‘n Britse maatskappy, goedgekeur het. Die kommissie het verlede jaar beslis die verkoop kan voortgaan, op voorwaarde dat sommige diensstasies gediversifiseer word. Dit beteken dat die plaaslike Vivo Energy […]

Read More

Droogtehulpverlenging is ‘politieke taktiek’

Die regering het ‘n allemintige geraamde begroting van 825 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die droogtehulp-ondersteuningsprogram, wat verleng is tot 31 Maart 2025. Die geld sal uit die nasionale noodrampfonds kom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Rui Tyitende, wat sê dit is beslis ‘n politieke taktiek. Hy sê die regerende party […]

Read More

Riool bedreig toekoms van Wêrelderfenisterrein: VF Plus

Die Vryheidsfront Pus in Gauteng sê munisipaliteite se roekelose houding teenoor wanfunksionele rioolbehandelingsaanlegte in die provinsie skep nie net ‘n gesondheidsgevaar nie, maar vernietig ook die ekostelsels in riviere. Amanda de Lange van die VF Plus sê die ongebreidelde rioolbesoedeling bedreig ook die toekoms van die Wieg van die Mensdom, ‘n Wêrelderefenisgebied. Sy voeg by […]

Read More

Emosionele oorwinning vir Rafael Nadal in Madrid

Tennis: Rafael Nadal vier ‘n emosionele oorwinning teen Alex de Minaur van Australië by die Madrid Ope. Die 37-jarige het sy briljantheid as ‘n veteraan getoon en die tuisskare betower met ‘n oorwinning van 7-6, 6-3. Hy kom nou teen Pedro Cachin in die derde ronde te staan nadat die Argentyn vir Frances Tiafoe van […]

Read More

Keetmanshoop-lughawe kan internasionaal word: Nandi-Ndaitwah

Die Keetmanshoop-lughawe kan in die toekoms transformeer na die ||Kharas Internasionale Lughawe, volgens Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah. Dit sal volgens Nandi-Ndaitwah gerieflik wees vir buitelandse beleggers, wie se belangstelling getrek word deur die opkomende olie- en gasbedrywe in die Suide. Die visepresident sê die herlewing van die gevalle nasionale lugdiens, Air Namibia, is ook nie uitgesluit […]

Read More

Vryheid slegs vir paar mense wat met ANC verbind word: Malema

Die president van die EFF, Julius Malema, sê daar was die afgelope 30 jaar vryheid vir slegs vir ‘n paar individue – diegene wat met die regerende party verbind word. Malema het die party se Vryheidsdagvieringe in Meadowlands, Soweto, gelei. Hy sê baie mense ly steeds onder die ANC. Daar is nie vryheid vir miljoene […]

Read More

Astor se goue Titanic-horlosie gaan vir rekord-bedrag

’n Goue sakhorlosie wat van die liggaam van die rykste man op die Titanic herwin is, is verkoop vir ’n rekord 1,2 miljoen Britse pond, of 28,2 miljoen Namibiese dollar. Dit is die hoogste bedrag ooit wat vir Titanic-memorabilia betaal is, het die afslaers Henry Aldridge & Son gesê. Die oorspronklike eienaar van die horlosie, […]

Read More

KosMOSFees ‘n ‘bucket list’ ervaring, sê Ricus Nel

Reaksie op die naweek se hoogs suksesvolle KosMOSFees, wat ‘n ware fees van Afrikaanse musiek was, stroom steeds in. Die konsensus onder beide die publiek en kunstenaars is dat ‘n uitsonderlike en baanbrekende geleentheid was. Marcel Theron van Kosmos 94.1 het gesels met die kunstenaar Ricus Nel, wat dit as ‘n sogenaamde “bucket list” ervaring […]

Read More

Handel-ministerie praat beleid met sakelui

Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.

Read More

Unisa teiken onderprestering in skole

Die Universiteit van Suid-Afrika sê hy gaan sy projek Strengthening School Belonging among Urban High School Boys uitbrei. Hy sê onderprestering en hoë uitsakkingsyfers skep ‘n groot klomp kwesbare jeugdiges. Shahieda Jansen van Unisa sê wanneer seuns akademies onderpresteer, is hulle meer geneig om in die strafregtelike stelsel of in begraafplase te beland. Sy voeg […]

Read More