ATM-party kap na Impala Bafokeng Platinum Resources

Die African Transformation Movement het die optrede van die bestuur van Impala Bafokeng Platinum Resources veroordeel in sy versuim om kwessies op te los wat deur sy werknemers geopper is. Dit volg op die tragiese dood van 13 werknemers in ‘n ondergrondse personeel-vervoerongeluk. Die ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, sê geen tasbare stappe is klaarblyklik gedoen om aandag te skenk aan die lot van die mynwerkers deur die potensieel ongunstige transaksie tussen Royal Bafokeng Platinum en Implats aan te spreek nie.