Behuisingsituasie in Oshana-streek ‘van die beste’

Die Nasionale Behuisingsonderneming het tot dusver 144 huise ter waarde van 59,5 miljoen Namibiese dollar in die Oshana-, Oshikoto- en Omusati-streke gebou. Dit behels 70 huise in Okahao teen ‘n totale waarde van 27 miljoen dollar; 50 eenhede in Omuthiya teen 20,5 miljoen dollar en 12 miljoen dollar wat belê is in 24 huise in Ondangwa. Die onderneming het ook onlangs ‘n tender uitgesit vir 64 huise wat in Ondangwa gebou gaan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Elia Irimari, die goewerneur van die Oshana-streek, gepraat wat sê die behuisingsituasie in die streek is van die beste in die land.