Hier kom die groen nommerplate

Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad se voertuie gaan nuwe nommerplate kry, het die parlement aangekondig. Die voertuie sal vanaf 1 Januarie groen nommerplate dra met die afkortings ‘LNA’, vir Wetgewende Nasionale Vergadering, en ‘LNC’ vir Wetgewende Nasionale Raad. Die parlement sê in ‘n verklaring hierdie nommerplate maak maklike identifikasie deur die publiek moontlik. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met George Sanzila, die hoofinligtingsbeampte  van die Nasionale Vergadering, wat amptelik die afkondiging maak.