Kom besoek die Swakopmund Straatkermis!

Die Swakopmund Straatkermis in Daniel Tjongarerolaan is in volle swang. Die geleentheid is ‘n viering van gemeenskapsgees en bied aan plaaslike inwoners en besoekers ‘n geleentheid om saam te kom en gesellig te verkeer in ‘n feestelike omgewing. Daar is ‘n verskeidenheid kos-stalletjies asook stalletjies met onder meer gesondheidsorg- en skoonheidsprodukte, handgemaakte speelgoed, allerhande kuns en kunsvlyt wat aangebied word. Linda Mupupa, die woordvoerder van die Swakopmund Munisipaliteit, praat oor hoekom die publiek die kermis moet besoek.