Tigers se Britz het planne met span

James Britz, die Tigers se hoofafrigter, wil sy span in die Debmarine Premierliga se tweede been met ten minste twee aanvallers versterk. Hy sê die byvoeging van sulke vuurkrag sal die klub se vooruitsigte aansienlik verbeter en sal die gaping op die log-leiers en verdedigende kampioene, African Stars, met wie hulle Sondag 2-elk gelykop gespeel het, kleiner maak. Die Tigers het vyf oorwinnings, ses gelykopuitslae en vier nederlae aangeteken vir 21 punte na die eerste 15 wedstryde van die 2023/2024 Premier Sokkerliga. Britz sê die jong span maak goeie vordering en het met goeie beplanning die potensiaal om as een van die top-vyf spanne te eindig.