Twee Zim krieketspelers geskors oor dwelms

Krieket: Zimbabwe het twee nasionale spelers vir die gebruik van dwelms vir ontspanning geskors. Volgens die raad het Wesley Madhevere en Brandon Mavuta albei positief getoets vir ‘n verbode dwelmmiddel in ‘n interne dwelmtoets buite kompetisies. Hulle is met onmiddellike effek geskors totdat ‘n verhoor plaasvind oor die oortreding van teen-dwelmreëls. Die raad het nie vermeld watter dwelm betrokke was nie en ook nie wanneer hulle positief getoets is nie. Die skorsings is ‘n nuwe terugslag nadat die afrigter, Dave Houghton, vandeesweek bedank het omdat Zimbabwe nie vir aanstaande jaar se T20-Wêreldbekertoernooi kon kwalifiseer nie.