Engen-verkoop ‘deur Mededingingskommissie goedgekeur’

Kosmos 94.1 Nuus het verneem dat die Namibiese Mededingingskommissie die verkoop van Engen Namibië en Engen Botswana wat deur Petrobas besit word, aan Vitol Emerald Bidco, ‘n Britse maatskappy, goedgekeur het. Die kommissie het verlede jaar beslis die verkoop kan voortgaan, op voorwaarde dat sommige diensstasies gediversifiseer word. Dit beteken dat die plaaslike Vivo Energy en sy Shell handelsmerk vir Engen kan oorneem, met sekere bepalings. Na wat verneem word sal Puma en Namcor ook in oorweging kom. Die toepaslike owerhede is genader om die nuus te bevestig, maar was nie vandag beskikbaar nie. Kosmos 94.1 Nuus sal wel opvolg.