Griekeland sluit aan by Rooi See-vlootkoalisie

Griekeland sal hom by ‘n vlootkoalisie onder leiding van die VSA aansluit om die wêreldwye skeepvaartroete van die Rooi See te beskerm teen Jemen se Houthi-rebelle. Die Griekse verdediging-minister, Nikos Dendias, het aangekondig dat ‘n Griekse vlootfregat in opdrag van die premier, Kyriakos Mitsotakis, by die taakspan sal aansluit. Hy sê as ‘n vooraanstaande skeepsvaartnasie het Griekeland ‘n wesenlike belang daarin om ‘n groot bedreiging vir wêreld maritieme vervoer af te weer.