Israel beveel meer Gaza-ontruimings

Israel het meer ontruimings in die suide van Gaza se hoofstad beveel. Diplomate gaan voort met pogings om ‘n skietstilstand in die oorlog te verseker wat volgens Hamas reeds 20 000 lewens geëis het. Die Verenigde Nasies sê Israel het ontruimingsbevele uitgereik vir groot gebiede van Khan Yunis, waar meer as 140 000 haweloses skuil. Israel het burgerlikes aan die begin van die konflik aangesê om die noorde van die beleërde Palestynse gebied te verlaat, en hulle aangemoedig om veiligheid in suidelike gebiede te soek. Namate plekke waar mense kan skuil, al minder word, neem die internasionale gemeenskap se verontwaardiging toe oor die stygende dodetal.