SA Inkomstediens maak saak teen Phala Phala buffelkoper

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ʼn strafregtelike saak teen die Sudannese sakeman Hazim Mustafa aanhangig gemaak. In Desember 2019 het hy 20 buffels vir 10,82 miljoen Suid-Afrikaanse rand kontant op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo gekoop. Ramaphosa het gesê dit was Mustafa se geld wat in Februarie 2020 op sy plaas gesteel is. […]

Read More

Britse weermag ‘wag en kyk’ met Houthi’s

Die Britse minister van verdediging Grant Schapps het aan media bevestig dat hulle vir nou sal ‘wag en sien’ in verband met Houthi-aanvalle in die Rooisee. Die Britse weermag het verlede week saam met die Amerikaners verskeie aanvalle uitgevoer maar verdere aanvalle word nie nou beplan nie.

Read More

Huldeblyke vir geliefde pastoor Dickman

Huldeblyke stroom in vir die gewilde en geliefde pastoor van die motorfietsgemeenskap Peter Dickman. Dickman is Sondagaand aan ‘n hartaanval oorlede. Dickman was die pastoor van die Bikers Church Namibia maar sy invloed het ver wyer gestrek. Die bekende Jo Nichol, sanger en klank-ingenieur, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

SA was oortuigend in Den Haag

ʼn Dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika, Mametlwe Sebei, sê Suid-Afrika se regspan het ʼn oortuigende saak gestel toe hy Israel in die Internasionale Geregshof van volksmoord beskuldig het. Suid-Afrika het aangevoer Israel se militêre aanslag op Gaza oortree die Volksmoordkonvensie van 1948. Israel ontken dit. Sebei sê Suid-Afrika se saak is op feite en […]

Read More

Nog ‘n babastorting bevestig met kossoek in ‘n asdrom

Die soveelste babastorting is agtergekom na ‘n lid van die publiek op soek was na kos in vullisdromme in Tulinawa in Swakopmund se Mondesa-woongebied. ’n Vier- tot vyf-maande-oue fetus is in ’n plastieksak gevind. Die kop van die baba, wat blykbaar afgesny was, was in dieselfde sak. Baie van die land se gestorte babas word […]

Read More

Prokureurs in Oos-Kaap wil VSA dagvaar

‘n Groep Oos-Kaapse prokureurs, gelei deur die regsfima Wikus van Rensburg-prokureurs in Gqeberha, het ‘n kennisgewing uitgereik oor hulle voorneme om ‘n siviele saak aanhangig te maak teen die Amerikaanse regering oor sy beweerde steun vir die konflik in Gaza. Van Rensburg, die stigter van die firma, beskuldig die Amerikaanse regering van aanspreeklikheid en medepligtigheid […]

Read More

Poging om Londense Aandelebeurs te ontwrig, gefnuik

Ses mense is gearresteer omdat hulle verdink word dat hulle die Londense Aandelebeurs wou ontwrig deur te keer dat dit vandag open. Volgens berigte wou die groep groot ekonomiese skade aanrig deur met brandblussers vol rooi verf op twee draaideure voor die gebou te klim, en hulle dan met fietsslotte aan die glas-ingang vasketting. Die […]

Read More

Fleetwood vat hom in Dubai

Tommy Fleetwood van Engeland het voëltjies behaal op die laaste twee putjies en die Dubai-uitnodigingstoernooi met een hou voor Rory McIlroy van Noord-Ierland en die Suid-Afrikaner, Thriston Lawrence gewen. McIlroy was een hou voor toe hulle by die laaste putjie kom, maar sy afslaanhou het in die water beland. Die Engelsman het die ongelooflike 16-voet-voëltjie […]

Read More

Dlamini-Zuma se aftrede geen verrassing nie

Die politieke ontleder Zamo Mbandlwa sê die aftrede-aankondiging van die ANC-parlementslid, Nkosazana Dlamini-Zuma, is nie ‘n verrassing nie. Dlamini-Zuma dien sedert 1994 in die parlement, in verskeie kabinetsposisies onder vyf presidente. Sy was ook voorsitter van die Afrika Unie-kommissie. Mbandlwa sê terwyl die redes en haar planne na aftrede onbekend is, is dit waarskynlik dat Dlamini-Zuma mik na ‘n […]

Read More

Groot opgewondenheid by TotalEnergies

Internasionale media berig dat TotalEnergies binne die volgende paar dae sal weet of sy Mangetti 1X-put ‘n sukses is of nie, maar kenners meen dat hy dalk die uitslae nog eers geheim sal hou. Die maatskappy berei ook voor vir 3D-seismiese data oor twee gebiede in die suidelike deel van blok 2913B wat moontlik meer bronne as die hoogs suksesvolle Venus […]

Read More