Vervroeg verkiesing, vra SA party

Die Activists and Citizens Forum in die buurland vra die algemene verkiesing aanstaande jaar moet vervroeg word en verwerp die voorstel van uitstel deur die voormalige statistikus-generaal, Pali Lehohla. Die party voer aan uitstel is ‘n ontoereikende oplossing vir die veelvlakkige krisisse in die land. Woordvoerder Dennis Bloem sê die regering se mislukking is duidelik in verskeie sektore, wat gelei het tot hulle oproep om vroeë verkiesings om nuwe leiers te verkies. Bloem versoek die ANC-regering om die belange van landsburgers voorop te stel.