Militante dood 23 in Nigeriese-taakmag

Minstens 23 lede van Nigerië se gesamentlike burgerlike taakmag is dood in afsonderlike aanvalle deur militante en ’n gewapende ontvoeringsbende in die noorde van die land. In Borno-staat, die hartland van ‘n Islamitiese opstand, het vermeende vegters van die Islamitiese Staat Wes-Afrika Provinsie ‘n geïmproviseerde ploftoestel gebruik om ‘n voertuig op te blaas wat lede van die Civilian Joint Tast Force vervoer het. Nege is dood en twee swaar gewond. In die staat Soko is 14 taakmag-lede dood en verskeie word vermis ná ‘n lokval deur ‘n gewapende bende, volgens taakmag sektorkommandant Ismail Haruna.