Korrupsie-verhoor in Oos Londen tot September uitgestel

Die Oos-Londense-streekhof het die korrupsiesaak teen ‘n voormalige senior staatsamptenaar, Neil Naidoo en die sakelui, Kenny Govender en Matthew Pillay, tot September vir verhoor uitgestel. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê hulle staan tereg op verskeie korrupsieaanklagte en een van dwarsboming van die gereg, na beweerde pogings om twee ondersoekbeamptes met 3.5 miljoen Suid-Afrikaanse rand om te koop.