Rusland druk Oekraïnse troepe terug

Oekraïnse troepe het teruggesak na nuwe posisies wes van drie dorpe aan die oostelike front waar Rusland vier brigades op verskeie plekke gekonsentreer het, sê Oekraïne se top-bevelvoerder, kolonel-generaal Oleksandr Syrskyi. Dit weerspieël die Oekraïne se verswakkende posisie in die ooste wat Kiev hoop kan stabiliseer sodra hy ‘n aflewering van Amerikaanse wapens ontvang. Die situasie aan die front het vererger, het Syrskyi op die Telegram-toep geskryf. Oekraïnse brigades wat nuut uitgerus is, word in daardie gebiede geroteer om eenhede te vervang wat verliese gely het.