Oscar se parool maak internasionaal nuus

Die nuus oor Oscar Pistorius wat vroeg in Januarie op parool vrygelaat gaan word, het wêreldwyd opslae gemaak. ‘n Paroolraad het sy aansoek Vrydag toegestaan, nadat hy meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria in 2013. Publikasies soos die BBC, […]

Read More

Derek Chauvin ernstig beseer in mesaanval in die tronk

Derek Chauvin, die voormalige polisiebeampte van Minneapolis wat skuldig bevind is aan die moord op George Floyd, is in ‘n federale gevangenis in Arizona deur ‘n ander gevangene gesteek en ernstig beseer. Die aanval het plaasgevind by die Federal Correctional Institution, Tucson, ‘n medium-sekuriteit gevangenis waar hy sy 20-jaar vonnis uitdien. Owerhede sê “lewensreddingsmaatreëls” is […]

Read More

Omstrede drie gee Cardiff oorwinning oor Stormers

‘n Omstrede drie wat aan die plaasvervanger stut, Rhys Litterick van Cardiff, in die 83ste minuut van hulle Verenigde Kampioenskapswedstryd teen die Stormers in die Walliese hoofstad toegeken is, het aan hulle ‘n oorwinning van 31-24 teen die Kaapstadse span besorg. Die Stormers keer nou terug nadat hulle al vier hulle wegwedstryde verloor het. Vanmiddag […]

Read More

Klazen klaar Fishrot, vissery-staking op

Derek Klazen, minister van visserye en mariene hulpbronne, sê die Fishrot-skandaal het nie die verlies van werkgeleenthede vir meer as 1 000 vissermanne veroorsaak, wat deel was van ‘n staking in 2015 nie. Klazen het tydens sy jaarlikse bedryfsrede op Walvisbaai opgemerk dat daar ‘n onderskeid is tussen die Fishrot-saak en werkverliese. Vir sowat vier […]

Read More

Kauandenge kandidaat vir Nudo-presidentskap

Joseph Kauandenge, sekretaris-generaal van die National Unity Democratic Organisation, het sy kandidatuur vir die party-presidentskap aangekondig wanneer Nudo sy kongres in April volgende jaar hou. Kauandenge het ‘n transformerende agenda belowe en beklemtoon die deurslaggewende rol van die jeug as die dryfveer vir verandering. Met ‘n visie vir inklusiewe leierskap beoog hy om ‘n nuwe […]

Read More

Swart Vrydag in SA ‘gaan R7 miljard meer sien’

Suid-Afrikaanse verbruikers sal op Swart Vrydag na verwagting ongeveer 7 miljard Suid-Afrikaanse rand meer bestee. Volgens vooruitskattings deur die Buro vir Marknavorsing sal besteding na verwagting van 19 miljard rand verlede jaar tot 26,6 miljard rand vanjaar styg, ondanks ekonomiese uitdagings en groeiende finansiële druk. Die gevolg van verhoogde aanlyn inkopies word uitgelig, met moontlike […]

Read More

Vrou kry lewenslank vir nuuskierigheid

‘n Jong Suid-Koreaanse vrou is tot lewenslank agter tralies gevonnis nadat sy ‘n vreemdeling uit nuuskierigheid vermoor het. Die drie-en-twintig-jarige Jun Yoo-jung word beskryf as iemand wat ‘n obsessie het met misdaadprogramme en boeke, en het ‘n hoë psigopaat-toetstelling getoon. Sy het ‘n naamlose Engelse onderwyser op ‘n toepassing ontmoet nadat sy glo maande lank […]

Read More

Oscar gemonitor tot vonnis verstryk

Die buurland se departement korrektiewe dienste sê Oscar Pistorius sal gemonitor word tot sy vonnis verstryk. Die veroordeelde Paralimpiese kampioen gaan op parool vrygelaat word om die res van sy vonnis onder korrektiewe toesig te voltooi. Woordvoerder Singabakho Nxumalo sê sy parool, wat op 5 Januarie van krag word, is onderhewig aan toesig en voldoening […]

Read More

Namibië verloor 32% boombedekking

Volgens Global Forestwatch was die top twee streke in Namibië verantwoordelik vir 57 persent van alle boombedekkingverlies in die land tussen 2003 en 2022. Namibië het 1,23 kilohektaar boombedekking verloor, gelykstaande aan ‘n 32 persent afname in boombedekking sedert 2000, en 281 kiloton van koolstofdioksiedvrystellings. Ohangwena het die meeste boombedekkingsverlies gehad op 206 hektaar vergeleke […]

Read More

Karpowership kry groenlig vir gas-kragaanleg

Die Turkse kragskip-operateur Karpowership het omgewingsmagtiging ontvang vir ‘n gas-aangedrewe kragaanleg in Saldanhabaai aan die Weskus. Dit volg ná die goedkeuring van sy 450-megawatt-aanleg in Richardsbaai aan die KwaZulu-Natalse noordkus, ondanks regsuitdagings. Die omgewing-departement het Karpowership toestemming gegee om ‘n 320-megawatt-aanleg in Saldanha in te stel. Die onderneming sê hierdie goedkeurings is noodsaaklike mylpale in […]

Read More