‘Gaan selfoonkontrakte met kinders aan oor porno’

Ouers word versoek om selfoonkontrakte met hulle kinders aan te gaan, aangesien ‘n onlangse studie toon meer as die helfte van kinders van nege tot 17 jaar oud het beelde van seksuele aard op hulle fone gevind. Die Disrupting Harm-opname vir 2022 deur die Suid-Afrikaanse Regshervormings-kommissie onthul kinders word op hul eie toestelle en op hul ouers se fone aan sulke inhoud blootgestel. Die kinderbeskermingsaktivis, Joan van Niekerk, lig die kwesbaarheid van kinders uit en merk op die eerste blootstelling aan pornografie vind rondom die ouderdom van tien plaas.