Beleërde Truss beloof verligting

Die Britse eerste minister Liz Truss het beloof om ‘n ystergreep te hou op die nasie se finansies en om Brittanje te laat uitbreek uit ‘n siklus van hoë belasting en lae groei. Sy het die hoofrede by die Tory-konferensie gelewer. Die toespraak kom te midde van ‘n finansiële en politieke beroering ná die regering […]

Read More

Whk Skou het alle verwagtinge oortref

Die bywoning van vanjaar se Windhoekse Skou was baie beter in vergelyking met die vorige jaar en mense het die skougronde in groot getalle besoek en sommige het dit selfs twee keer besoek. Hekke het op 23 September geopen en op 1 Oktober gesluit. Harald Schmidt, hoof uitvoerende beampte van die Windhoekse Skouvereniging, gesels met […]

Read More

VSA is vies oor Opul se verlaging van 2 miljoen vate daagliks

Brent ru-olie het opgeskiet van rondom 91 Amerikaanse dollar ‘n vat na bo 93 dollar ‘n vat na die aankondiging deur Opul en sy vennote dat olieproduksie met 2 miljoen vate verlaag sal word in November. Opul se de-facto leier, Saoedi-Arabië, sê die verlaging – wat gelykstaande is aan 2 persent van die globale aanbod […]

Read More

Ekonoom sê GRN se lenings moet in ag geneem word met IMF-groeivoorspelling

‘n Ekonoom het gereageer op die aankondiging van die Internasionale Monetêre Fonds, die IMF, dat die Namibiese ekonomie na verwagting vanjaar met drie persent sal groei, gevolg deur 3,2 persent in 2023. Reële BBP-groei sal volgens die IMF ondersteun word deur diamant-, goud- en uraanproduksie, en die herstel van die toerisme-sektor. Ekonoom Gabriel Erastus sê […]

Read More

Rietoog- en Nina-brande (vir nou) geblus

Die brande wat naby Rietoog en by Nina gewoed het, is beide rondom een-uur vanoggend geblus. Volgens die jongste inligting is daar steeds binnebrande by die Nina-brand maar, die bos maak die gebied onbegaanbaar. Maar, daar is gesnyde graslande wat hopelik die vuur sal stuit. Daar is steeds mense op die toneel om nasorg te doen. In die Suide is […]

Read More

Skikking bereik in Rust-rolprent skietery

Die akteur Alec Baldwin en die produksiemaatskappy vir die rolprent Rust het ‘n skikkingsooreenkoms bereik met die familie van die rolprentfotograaf, Halyna Hutchins, wat verlede jaar per ongeluk op stel doodgeskiet is. Verfilming sal in Januarie hervat. Internasionale media berig Hutchins se man, Matthew, sal die uitvoerende vervaardiger wees. Haar familie het ‘n saak van onregmatige dood teen die ster en ander […]

Read More

Vennootskappe tussen openbare- en privaatsektor kan beleggings aanhits

Brand SA is van mening dat openbare-privaat vennootskappe die sleutel is om beleggings in die buurland te ontsluit en te lok. Die organisasie wil hê Suid-Afrika moet gereed maak om homself as ‘n beleggingsbestemming te verkoop. Die sesde Nasie-handelsmerkforum is tans aan die gang en word bygewoon deur belanghebbendes wat verskeie sektore in korporatiewe Suid-Afrika […]

Read More

Bek-en-klou: Ons kan miljarde maak, of verloor

Cirrus in die hoofstad het namens die Lewendehaweprodusente-organisasie ‘n studie oor die ekonomiese impak van Namibië se dieregesondheidstatus uitgevoer. Volgens die makelaarsfirma, sou Namibië sy bek-en-klouseer-vrye status verloor en vleisuitvoere moet staak, kan dit die land oor ‘n periode van vyf jaar tot ‘n verlies van 12,46 miljard Namibiese dollar lei. Plaaslike media berig dat Cirrus ook gekyk het na […]

Read More

Twee aanvalle op toeriste in die Noorde

‘n Gewapende rooftog het by Mahangu Lodge naby Bagani in die Kavango-Oos-streek plaasgevind waartydens toeriste wat kampeer het, aangeval is. Daar is volgens berigte op hulle geskiet en hulle is beroof. Spesiale veldmagte was glo op die toneel om ondersoek in te stel en na die verdagtes te soek. Na bewering kom die verdagtes vanaf Rundu. Intussen is ‘n groep buitelandse kampeerders ook by […]

Read More

Herhaalde arbeidsoptrede in SA raak ekonomie

Die Suid-Afrikaanse arbeidsontleder, Tony Healy, het die negatiewe uitwerking beklemtoon wat arbeidsoptrede op die buurland se ekonomie het. Dit volg nadat die land die afgelope maande verskeie stakings weens salaris- en loongeskille beleef het waarby sleutelorganisasies soos Eskom, Putco, en nou Transnet, betrokke was. Healy sê die voortgesette geskille het gelei tot meer kragonderbrekings en […]

Read More