Saftu vra vir versterking van mediese stelsels

Die buurland se vakbondfederasie Saftu sê die regering moet die land se openbare gesondheidstelsel versterk sodat dit aan die akkreditasievereistes van die Nasionale Gesondheidsversekering voldoen. Gesondheids-instellings word landwyd negatief geraak deur besnoeiingsmaatreëls wat veroorsaak dat poste nie gevul word nie en ernstige tekorte aan fondse ontstaan. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die hooffokus moet op primêre sorgvlakke wees, van huishoudings en klinieke na distrikshospitale binne die distriksgesondheidstelsel: