Turkye wil by SA se volksmoordsaak aansluit

Turkye sê hy wil aansluit by Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Geregshof. Dié hof het Israel in Januarie beveel om hom te weerhou van dade wat onder die Volksmoordkonvensie kan val en om te verseker dat sy troepe nie volksmoord teen Palestyne pleeg nie. Turkye sal saam met Colombië amptelik versoek om by die saak teen Israel aan te sluit. Turkye se minister van Buitelandse Sake, Hakan Fidan, sê hulle sal voortgaan om die Palestynse volk in alle omstandighede te ondersteun.