Bek-en-klou: Ons kan miljarde maak, of verloor

Cirrus in die hoofstad het namens die Lewendehaweprodusente-organisasie ‘n studie oor die ekonomiese impak van Namibië se dieregesondheidstatus uitgevoer. Volgens die makelaarsfirma, sou Namibië sy bek-en-klouseer-vrye status verloor en vleisuitvoere moet staak, kan dit die land oor ‘n periode van vyf jaar tot ‘n verlies van 12,46 miljard Namibiese dollar lei. Plaaslike media berig dat Cirrus ook gekyk het na die impak, sou die gebied noord van die rooilyn ingesluit word by vleisuitvoere. Volgens berekenings sou dié kommunale boere meer as 7,5 miljard dollar aan die BBP oor tien jaar kan bydra met huishoudings se inkomste wat oor dieselfde tydperk met 5,5 miljard dollar sal verhoog, gepaard met werksgeleenthede.