Rietoog- en Nina-brande (vir nou) geblus

Die brande wat naby Rietoog en by Nina gewoed het, is beide rondom een-uur vanoggend geblus. Volgens die jongste inligting is daar steeds binnebrande by die Nina-brand maar, die bos maak die gebied onbegaanbaar. Maar, daar is gesnyde graslande wat hopelik die vuur sal stuit. Daar is steeds mense op die toneel om nasorg te doen. In die Suide is die laaste van die drie brande ook rondom een-uur geblus. Die omgewingsministerie het die week aangekondig dat 920 000 hektaar reeds tussen April en September vanjaar in brande verwoes. Huidige voorspellings vir reën toon moontlike ligte neerslae in die week van 13 tot 21 Oktober.