DA eis beskerming van toeristegebiede

Die DA doen ‘n beroep op die ministers van polisie, Bheki Cele, en toerisme, Lindiwe Sisulu, om aan te kondig hoe hul beplan om toeristegebiede in die land te beskerm. Dit volg nadat ‘n Duitse toeris op die Numbi-pad naby Witrivier noord van Mbombela in Mpumalanga doodgeskiet is. Manny de Freitas van die DA sê […]

Read More

Sokker: Agt Kampioeneliga-wedstryde vanaand in Europa gespeel

Sokker: Agt Kampioeneliga-wedstryde sal vanaand regoor Europa gespeel word. Die verdedigende kampioen, Chelsea, wil hulle eerste oorwinning van die seisoen behaal, nadat hulle een wedstryd verloor en een gelykop gespeel het. Hulle gaan AC Millan in Londen verwelkom en dit sal slegs die tweede Kampioeneliga-wedstryd wees vir Chelsea se nuwe bestuurder, Graham Potter.

Read More

Nuwe Eskom-voorsitter sit strategie uiteen

Die nuut-aangestelde voorsitter van Eskom se raad, Mpho Makwana, het sy strategie uiteengesit om die huidige toestand van die kragvoorsiener om te keer. Makwana sê die verbetering van die beskikbaarheid van energie, wat tans op 59 persent staan, moet voorop gestel word. Makwana sê die uitdaging wat voorlê is om die land se opwekkings-eenhede tot […]

Read More

AfroBarometer: Minder Namibiërs verkies demokrasie

Die Namibiese regering verwelkom die Ghana-gebaseerde AfroBarometer-verslag, ‘n opname oor demokrasie, regering en lewenskwaliteit. Volgens die verslag ervaar meer as 80 persent Namibiërs vryheid van uitdrukking, 90 persent voel vry om by enige politieke party van hul keuse aan te sluit of in ‘n verkiesing te stem sonder om enige druk te ervaar. Tog lui […]

Read More

DA: Gauteng premier hadloop weg van mosie van wantroue

Die DA in Gauteng sê die premier, David Makhura, hardloop weg van die party se mosie van wantroue wat hierdie maand gedebatteer sou word. Die provinsiale wetgewer het ‘n kennisgewing uitgereik vir ‘n spesiale sitting wat môre gehou sal word om ‘n nuwe premier te benoem en te verkies ná Makhura se bedanking. Die DA-lid, […]

Read More

Katar sal heel eerste tydelike Sokker-wêreldbekerstadion hê

Sokker: Die Fifa Wêreldbekertoernooi begin volgende maand in Katar en dit sal die eerste keer wees dat ‘n Midde-Oosterse land die toernooi aanbied. Wedstryde sal op agt stadions gespeel word, waarvan sewe nuut gebou is. Een van die mees vernuwende stadions is Stadion 974, ‘n tydelike stadion gemaak van 974 herwinde skeepsvrag-houers. Dit is die […]

Read More

Landwye kragonderbrekings in Namibië

Landwye kragonderbrekings word tans in Namibië ervaar, het NamPower aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Windhoek se elektrisiteit is weer aan. ‘n Beampte van NamPower sê hulle probeer so vinnig as moontlik die kragprobleem in die res van die land herstel.

Read More

Dit kos N$100 000 om ordentlike huis te bou – Letshego

Die beraad wat Letshego Bank Namibië in samewerking met die Afrika-unie vir Behuisingsfinansiering en ATENU-ontwikkelings gehou het, toon dat 100 000 Namibiese dollar voldoende fondse is om ‘n ordentlike huis in Havana op te rig op ‘n gedienste erf. Volgens die hoof uitvoerende beampte van die Letshego-groep Aupa Monyatsi is dit dus duidelik dat die […]

Read More

N$155m DBN-lening was nodig of, daar was in ’24 beurtkrag

Stad Windhoek sê die lening van 155 miljoen Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbank was broodnodig anders sou Stad Windhoek beurtkrag in 2024 ervaar het. Volgens Lydia Amutenya, woordvoerder by die stad, toon die stad se berekenings dat daar oor die volgende vyf jaar ‘n groot toename in huishoudings in die hoofstad sal wees wat die […]

Read More

Cyril wag nog vir Phala Phala-verslag na hy verskyn het

President Cyril Ramaphosa sê hy het ‘n goeie ontmoeting met die ANC-integriteitskommissie oor die Phala Phala-saak gehad. Die president het aan die party se etiese komitee verslag gedoen oor die diefstal in 2020 op sy plaas in Limpopo waar na bewering miljoene in buitelandse geldeenhede gesteel is. Die gewese hoof van Staatsekerheid, Arthur Fraser, het […]

Read More