Trump sê hy word geteiken

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, gee die Withuis die skuld vir sy regsprobleme en sê hy word geteiken soos in ‘n Derdewêreldland. Hy verskyn vandag weer in die hof oor die beweerde versteking van betalings om ‘n beweerde verhouding met ‘n porno-ster stil te hou. Die regter sal hoor hy het weer ‘n stilswye-opdrag verbreek, wat bedoel is om deelnemers aan die verhoor te beskerm. Trump is Dinsdag met sowat 170 000 Namibiese dollar beboet en gewaarsku hy kan tronk toe gaan as hy aanhou om op sosiale media uit te vaar.