Beurtkrag vanmiddag na fase drie verlaag

Eskom sal beurtkrag in die buurland vanaf vieruur vanmiddag tot fase drie verlaag. Die sukkelende kragvoorsiener is Dinsdag gedwing om beurtkrag na fase vier te verhoog nadat vyf kragopwekkers by verskeie kragstasies onklaar geraak het. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê beurtkrag sal Vrydagmiddag verder verlaag word tot fase twee:

Read More

Drie maande, N$1,1m se misdaad in Oshana

Kommissaris Naftal Sakaria, Nampol se bevelvoerder van die Oshana-streek sê inwoners van die streek is beroof van 1,1 miljoen Namibiese dollar tussen Junie en Augustus vanjaar met 75 sake wat geregistreer is. Dit sluit swendelary en diefstal by kitsbanke in. Veral kommerwekkend is dat talle gevang is met ‘n bedrogspul dat hulle betalings moet maak […]

Read More

Kapofi se vermeende swendelaar vasgetrek, verskyn vandag

Die man wat daarvan verdink word dat hy die Namibiese minister van verdediging, Frans Kapofi, bedrieg het, verskyn vandag in die Windhoek-landdroshof. Die Namibiese polisie het bevestig dat die vermeende bedrieër Dinsdag by sy wegkruipplek in die Khomasdal-woonbuurt in Windhoek in hegtenis geneem is. Die verdagte is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning […]

Read More

Stem vir die Demokrate om aborsie-reg te beskerm – Biden

Amerikaanse President Joe Biden het ‘n beroep op kiesers in die VSA gedoen om vir kandidate van die Demokratiese Party in die tussenverkiesing in November te stem. Hy sê die party moet beheer hou van die Kongres om te verseker dat federale wetgewing wat toegang tot aborsie wettig, deurgevoer kan word.

Read More

Jantjies sal toer aan die einde van die jaar ook misloop

Die Springbok-bestuur het bevestig die losskakel, Elton Jantjies, sal die toer aan die einde van die jaar sal misloop. Sy laaste wedstryd vir Suid-Afrika was in Augustus, gevolg deur persoonlike probleme wat hom van die veld af gehou het. Die bestuur sê hy is nie oorweeg nie omdat hulle nie seker is oor sy huidige […]

Read More

FlyNamibia stel sy nuwe Windhoek-Walvisbaai-roete amptelik bekend

FlyNamibia het vandag sy nuwe vlugroete vanaf Eros-lughawe in Windhoek na die hawedorp Walvisbaai amptelik op die Walvisbaai Internasionale Lughawe bekend gestel. Fly Namibië gaan vanaf 28 Oktober sy vlerke na Walvisbaai sprei en volgens die uitvoerende hoof, André Compion gaan die vlugroete aansluit by die Kaapstadse vlugroete met hul onlangse vennootskap met Airlink. Die […]

Read More

Twee in Namibiese toerismekringe wen Pyne-toekennings

Die Namibiese toerismesektor het uitgeblink in Nigerië met die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold en Ivan Kaisosi, bestuurder van Strand Hotel in Swakopmund, wat met die gesogte Pyne-toerismetoekennings bekroon is. Paetzold deel haar vreugde met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Opod bekommerd oor toename in polisiegeweld

Die Suid-Afrikaanse polisie-waghond, die Onafhanklike Polisie-Ondersoek-direktoraat, sê hy het ‘n toename in sake van polisiegeweld landwyd die afgelope jaar, opgemerk. Die direktoraat sê meer as 400 mense is in die 2021/2022 boekjaar aan die hand van polisielede dood. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, het meer inligting.

Read More

Netwerk Namibië bied sake-ontbyt met bekroon landbou-ekonoom aan

Die bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom en rubriekskrywer vir Landbouweekblad en Sake24, professor Johan Willemse, is op Donderdag 3 November die gasspreker by ’n sake-ontbyt in Windhoek wat deur Netwerk Namibië aangebied word. Hy sal makro-ekonomiese tendense bespreek en raad gee hoe om ‘n sake-onderneming in die lig hiervan, te posisioneer. Hy is reeds twee […]

Read More

Sterkte aan graad 11’s en 12’s sterkte met hul eindeksamens

Die jaar is byna op sy rug met Namibiese graad 11- en 12-leerders wat hul eindeksamens begin skryf. Die graad 11’s het reeds met hul eksamens begin. Die graad 12’s wens hul formele skoolonderrig vaarwel toe en sal hul eindeksamen skryf wat hul toekoms sal bepaal. Die graad 12’s se eksamen skop volgende Dinsdag af. […]

Read More