Ekonoom sê GRN se lenings moet in ag geneem word met IMF-groeivoorspelling

‘n Ekonoom het gereageer op die aankondiging van die Internasionale Monetêre Fonds, die IMF, dat die Namibiese ekonomie na verwagting vanjaar met drie persent sal groei, gevolg deur 3,2 persent in 2023. Reële BBP-groei sal volgens die IMF ondersteun word deur diamant-, goud- en uraanproduksie, en die herstel van die toerisme-sektor. Ekonoom Gabriel Erastus sê lenings van die IMF, die Afrika Ontwikkelingsbank en China, moet egter in ag geneem word.