Strandmyne by Weskus veroorsaak betoging

‘n Groep omgewingsaktiviste van die drukgroep Protect The West Coast het ‘n vreedsame betoging gehou teen die ontginning van die strand by die Torminmyn naby Brand se Baai aan die Weskus. Hulle het ook ‘n griefskrif aan ‘n verteenwoordiger van die Australiese mynmaatskappy, die Mineral Sands Resources, oorhandig. Die leier van die betoging, Mike Schlebach, […]

Read More

Johnson soek ‘n middel vir Covid

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê wetenskaplikes glo daar sal een of ander tyd vanjaar nog ‘n vlaag Covid-19 voorkom. Die land het reeds meer as 4 miljoen gevalle en 127 000 sterftes aangemeld. Johnson sê sy regering stel ‘n teenvirus-taakspan aan om teen die Europese herfs minstens twee middels te vind wat mense […]

Read More

Interne ondersoek na Khorixas video

Die Kunene polisie se streek bevelvoerder Kommissaris James Nderura se ‘n interne ondersoek is geloods en ‘n span is op pad na die streek toe om die insident waar ‘n vrou deur polisie beamptes aangerand word te ondersoek. ‘n Video is van die voorval gemaak en op sosiale media versprei. Nderura sê die vrou in […]

Read More

SA praat met Botswana oor verbod op voël-invoere

Die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het bevestig dat hy met sy eweknie in Botswana saamwerk om dié land se verbod op pluimvee-invoere uit die buurland opgehef te kry. Dit volg op bevestiging dat die uitbreking van voëlgriep op twee plase in Gauteng en een in Noordwes onder beheer is. Botswana het […]

Read More

Lühl saak is baie kompleks – Katjipuka

Phillip Lühl se regsverteenwoordiger Uno Katjipuka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe nadat die Hoë Kommissariaat in die buurland geweier het om hom by te staan met ‘n aansoek vir noodreisdokumente vir sy tweeling dogters. Namibiese amptenare in die buurland het hom na Windhoek verwys. Katjipuka…

Read More

Indiese Covid-variant wek groot kommer…

‘n Nuwe variant van Covid, wat ook hoogs aansteeklik is en as ‘n dubbele mutasie beskryf word, is in Indië geïdentifiseer. ‘n Navorser in die veld van aansteeklike siektes in die land Gautan Menon sê die variant, B-1-617 is verantwoordelik vir die vinnige toename in gevalle.

Read More

J&J entstof moet waarskuwing by kry

Die Europese Medisyne-agentskap met sy hoofkantoor in Amsterdam in Nederland beveel aan dat ‘n waarskuwing oor seldsame bloedklonte en ‘n lae bloedplaatjie-telling op die produk-inligting van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof ingesluit word. Agt ernstige gevalle van seldsame bloedklonte wat verband hou met ‘n lae bloedplaatjie-telling, is na inenting by vroue in Amerika aangemeld. Een […]

Read More

N$1m in dwelms in Maart gevind

Die dwelmeenheid van die Namibiese polisie het dwelms van meer as ‘n miljoen Namibiese doller gedurende Maart gekonfiskeer en 106 verdagtes in hegtenis geneem. Net meer as 91 kilogram dagga met ‘n beraamde straatwaarde wan 911 800 doller is gedurende die maand gevind. Kokaïne ter waarde van net minder as 6 000 doller is ook […]

Read More

Ivermiektin is plaaslik verbied vir Covid

Die Namibiese Regulerende Raad vir Medisyne het opdrag aan dokters en aptekers gegee om onmiddellik te staak met die voorskryf of verskaffing van Ivermektien as ‘n behandeling vir Covid-19. Ivermektien is nie as menslike medisyne in Namibië beskikbaar nie en net die veeartseny produk is beskikbaar. Besighede wat die produk verskaf het aan plaaslike media […]

Read More

15-jarige swart meisie deur VSA polisie doodgeskiet net voor Chauvin-uitspraak

Die polisie in Columbus, Ohio, het ‘n 15-jarige swart meisie, Makiyah Bryant, doodgeskiet. Die polisie het volgens berigte ‘n noodoproep ontvang van ‘n beweerde poging om iemand met ‘n mes aan te val. Kort na hul aankoms op die toneel, is daar skote gevuur. Makhiya se skietdood het plaasgevind kort voor die uitspraak in die […]

Read More