LEFA se aantygings moet aangespreek word

Die gewilde LEFA Transportation Services sê hy sal dalk gedwing word om toe te maak oor wat onregverdige mededinging noem. Hy beweer internasionale saamry-besighede soos Yango en InDrive is besig met onbillike sakepraktyke. Dit sluit in om pryse tot tot onvolhoubare vlakke te sny, en plaaslike entrepreneurs het nie die finansies om by te hou nie. Die maatskappye voldoen na bewering ook nie aan die vereistes, wette en regulasies van die Namibiese passasiersvervoerbedryf nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gesels, wat sê dit moet aangespreek word, maar Namibiërs moet in die kort termyn eerder Namibiese besighede ondersteun.