Skikking bereik in Rust-rolprent skietery

Die akteur Alec Baldwin en die produksiemaatskappy vir die rolprent Rust het ‘n skikkingsooreenkoms bereik met die familie van die rolprentfotograaf, Halyna Hutchins, wat verlede jaar per ongeluk op stel doodgeskiet is. Verfilming sal in Januarie hervat. Internasionale media berig Hutchins se man, Matthew, sal die uitvoerende vervaardiger wees. Haar familie het ‘n saak van onregmatige dood teen die ster en ander op die produksie aanhangig gemaak. Matthew sê haar dood was ‘n ongeluk en hy is dankbaar almal het byeengekom om haar laaste werk te vereer.