Namibië kroon sy nuwe boereworskoningin

Martha Ndegapo is as vanjaar se wenner van die Shoprite en Checkers Namibiese Kampioen Boerewors-kompetisie gekroon en het 150 000 Namibiese dollar in Shoprite en Checkers-inkopiebewyse huis toe geneem. Sjef Sanet Prinsloo vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe lekker die boerewors is.

Read More

Eskom: Beurtkrag bly nog deurnag op fase 5

Eskom het aangekondig dat beurtkrag steeds vanaand en deurnag op fase 5 sal bly, en eers môreoggend om vyf-uur tot op fase 4 verminder sal word. Die kragvoorsiener sê fase 3 sal dan vanaf Sondagoggend om vyf-uur tot Maandagoggend vyf-uur van krag wees. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê weens beperkte opwekkingsvermoë sal fase 3 […]

Read More

IPC ontevrede oor interne veiling by Stad Windhoek

Stad Windhoek hou op 5 Oktober ‘n interne personeel-veiling van oorbodige goedere en voertuie. Die goedere en voertuie kan vandag nog by Stad Windhoek besigtig word en deposito’s is betaalbaar vanaf 26 September tot 3 Oktober. Die Independent Patriots for Change se voorsitter van die Khomas-streek Fritz Kaufmann is hoog ontevrede oor die interne veiling […]

Read More

ANC kry skuld vir hoë lewenskoste

Die ANC het die skuld gekry vir die huidige hoë lewenskoste wat miljoene Suid-Afrikaners raak. Tydens ‘n debat oor die ekonomie in die Nasionale Vergadering, het opposisiepartye gewaarsku dat indien die ANC versuim om op te tree, dit tot onluste sal lei en maatskaplike bestendigheid in die land bedreig. Lede van die parlement het voorgestel […]

Read More

New York: 70 boere gaan omgewingsvoetspoor verklein 

Die goewerneur van New York in Amerika, Kathy Hochul, sê ongeveer 140 miljoen Namibiese dollar word aan plaaslike distrikte toegewys om plase meer omgewingsvriendelik te maak en om die uitwerking van klimaatsverandering te weerstaan. Hochul sê die befondsing word deur die Climate Resilient Farming Grant-program toegeken. Die goewerneur sê die toekenning sal meer as 70 […]

Read More

Krieket: Proteas is op pad pad na Indië

Krieket: Die Proteas is op pad na Indië vir ‘n witbaltoer van drie T20’s en drie eendagwedstryde, met die eerste T20 reeds Woensdag. Die toer dien as voorbereiding vir die T20 Wêreldbekertoernooi volgende maand in Australië. Dit is Mark Boucher se laaste twee verpligtinge as hoofafrigter van die Proteas, maar die witbalkaptein, Temba Bavuma, glo […]

Read More

DA: Stropers van vetplante word vasgevat 

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die proaktiewe stappe van CapeNature om te verseker hulle biodiversiteit word beskerm. Stropery van vetplante en ander plante neem sedert 2018 geweldig toe, met die meeste van hierdie plante wat vir die Asiatiese mark bestem is. ʼn Woordvoerder van die DA, Andricus van der Westhuizen, sê net in die […]

Read More

NBL se groei toegeskryf aan Suid-Afrikaanse mark

Namibia Breweries Limited se algehele verkoopsvolumes het met 12 persent toegeneem teenoor die vorige finansiële jaar. Die Namibiese biermaatskappy het sy jaar-eindsyfers vir 30 Junie 2022 vandag bekend gemaak. Die groei word aan ‘n groot mate toegeskryf as gevolg van ‘n toename in volumegroei en vraag vanuit Suid-Afrika, spesifiek vir Windhoek Bier. Namibiese biervolumes het […]

Read More

DA veroordeel moord op boer van Rustenburg

Die DA in Noordwes het die gru-moord op ‘n 68-jarige boer van Rustenburg veroordeel. Die boer is wreed aangeval in sy huis kort nadat sy lewensmaat Woensdagoggend werk toe is. Die plaaslike sekerheids-onderneming het gereageer op ‘n noodoproep. Die DA-lid, Gavin Edwards, sê die boer is met pangas aangeval voordat sy huis geplunder is.

Read More

Rwanda-park vier toename in witrenosters 

Sentraal-Afrika se grootste beskermde vleiland, die Akagera Nasionale Park in Rwanda, vier die toename in die getalle van witrenosters, ná die geboorte van nuwe kalwers. Volgens die park se woordvoerder, Drew Bantlin, is daar nou 35 witrenosters in die park, met Suid-Afrika wat ook ‘n rol gespeel het en 30 renosters verskaf het. Bantlin sê […]

Read More