Twee aanvalle op toeriste in die Noorde

‘n Gewapende rooftog het by Mahangu Lodge naby Bagani in die Kavango-Oos-streek plaasgevind waartydens toeriste wat kampeer het, aangeval is. Daar is volgens berigte op hulle geskiet en hulle is beroof. Spesiale veldmagte was glo op die toneel om ondersoek in te stel en na die verdagtes te soek. Na bewering kom die verdagtes vanaf Rundu. Intussen is ‘n groep buitelandse kampeerders ook by Van Zyl’s-pas aangeval toe hulle die nag by die uitkykpunt uitgespan het. Dit is volgens die polisie die tweede voorval vanjaar. Daar heers kommer in die toerismesektor oor toenemende aanvalle op toeriste.