Kaapstad begin ook ent teen masels, geen uitbreking maar wel gevalle

Amptenare van die Gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sluit aan by ‘n nasionale veldtog om ‘n masels-uitbreking hok te slaan. Die veldtog, wat vandag begin en tot die 31ste van volgende maand duur, volg in die nasleep van die masels-uitbreking in vyf provinsies. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê […]

Read More

Verpligtend om belastingnommer op NamRA-platforms te gebruik

Die Namibiese Inkomste-agentskap is tans besig om sy stelsels meer vaartbelyn te maak en het, in samewerking met die Internasionale Monetêre Fonds sy prosesse en stelsels hersien. Die agentskap sê een van die nuwe maatreëls sluit in die verpligte gebruik van die betrokke belastingnommer op al sy platforms wat diensverskaffers, handelaars en enige aksyns- en […]

Read More

Efundja: 2 000 leerders tuis, hoërskool kry nog onderrig

Vier skole is tydelik in die Oshana-streek weens die vloede gesluit terwyl meer as 80 onderwysers en sowat 2 000 leerders by die huis sit. Nóg vyf skole sal na verwagting in die streek sluit, maar onderrig gaan voort vir hoërskoolleerders. Volgens die adjunk-onderwysdirekteur in die streek, Hilma George, word die vloedsituasie gemonitor en die […]

Read More

Dranklisensies in Gauteng is in chaos

Belanghebbendes het die DA in Gauteng genader oor ernstige operasionele probleme by die Gautengse Drankraad. Drankhandelaars bestee gewoonlik baie geld aan regspesialiste om hulle te help met die ingewikkelde en dikwels onvriendelike proses om ‘n dranklisensie te bekom. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê drankhandelaars ondervind ondanks die ekstra hulp steeds lang vertragings in die goedkeuringsproses […]

Read More

Britse dieetpil verbied – bevat gif

’n Chemiese verbinding wat in verslankingspille gebruik word, wat na bewering minstens 33 mense in die Verenigde Koninkryk se dood veroorsaak het, sal by daardie land se lys van gifstowwe gevoeg word. Dit volg op ‘n jaar lange veldtog deur die families van diegene wat gesterf het. DNP, of 2,4-Dinitrofenol, word as ‘n plofstof geklassifiseer […]

Read More

Eerste motocross van die jaar is op Omaruru!

Die eerste ronde van die Nasionale Motocross-kampioenskap sal volgende week Saterdag op 18 Februarie by Omaruru gehou word. Toeskouers en deelnemers kan uitsien na ‘n aksie-belaaide dag vol adrenalien en familie-vermaak. Phellazie Simon, wat op die reëlingskomitee is, het meer besonderhede.

Read More

Shannon se broer sê hy weet nie watter speletjie Azaan & Steven speel nie

Azaan Madisia en Steven Malundu, wat aangekla word van moord op die Walvisbaaier Shannon Wasserfall in April 2020, se verhoor het vandag voor regter Christie Liebenberg begin. Die twee het skuld ontken op aanklagte van moord en roof, maar skuld beken op ‘n aanklag van dwarsboming van die gereg. Madisia, 30, en Malundu, 24, het […]

Read More

Kenner sê oor Meatco se boeke, rasseherrie

‘n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee op die rasseherrie wat rondom Meatco losgebars het. Dit volg nadat die landbouminister Calle Schlettwein sy teleurstelling uitgespreek het oor die rasse-inslag wat die bespreking oor Meatco ingeneem het. Dit volg ná kommentaar op sosiale media dat daar ‘n agenda is om Meatco te laat ondergaan om die […]

Read More

Oorlogsveterane kry 9 keer meer as kwesbare kinders

Teen Februarie 2022 was 51,3 persent van Namibiese kinders in armoede met tussen 50 000 en 200 000 van die land se kinders wat tot die groep tydens Covid bygevoeg is. Dit beteken demografies gesproke, is Namibiese kinders die armste van alle Namibiërs. Unicef, wat die syfers bekend gemaak het, sê daar word nie genoeg […]

Read More

Saara gesels vandag met uitvoerende direkteurs

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sal vanmiddag om drie-uur met die uitvoerende direkteurs van die land se ministeries vergader. Die premier is verantwoordelik vir die staatsdiens en die vergadering sal veral hulle prestasie evalueer en die pad vorentoe vir die jaar baan. Haar hoof skakelbeampte, Rhingo Mutambo, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die vergadering gesels.

Read More