China sê die VSA kan kies: Stabiliteit of afwaartse spiraal

China se minister van Buitelandse Sake, Wang Yi, waarsku Amerika om nie by sy land se soewereiniteit, sekerheid en ontwikkeling in te meng nie. Sy Amerikaanse ampsgenoot, Antony Blinken, is in China op sy tweede besoek binne ʼn jaar terwyl die twee lande probeer om hulle gespanne verhouding te stabiliseer. Wang sê China se wettige ontwikkelingsregte word onnodig onderdruk. Hy sê die twee lande kan kies tussen stabiliteit of ʼn afwaartse spiraal. Amerika dreig tans met sanksies teen Chinese maatskappye wat die Russiese verdedigingsbedryf ondersteun.