Vat Kremlin se olie-besnoeiing met ‘n knippie sout – kenner

Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper sê aanmerkings deur Rusland dat hy in Maart sy daaglikse olieproduksie met 500 000 vate sal verminder, moet met ‘n knippie sout geneem word. Die aankondiging is deur die land se adjunk-eerste minister, Alexander Novak, gemaak. Brent se prys het met 2 Amerikaanse dollar ‘n vat gespring met die aankondiging […]

Read More

Hardap, sentrale damme, vat weer water

Beide die sentrale en suidelike damme het water ingeneem. NamWater se jongste opdatering toon dat Von Bachdam 76 000 kubieke meter ontvang het en die dam is tans op 32,7 persent. Swakoppoort het weer water ingeneem, 459 000 kubieke meter wat sy totaal op 80,5 persent te staan bring. Omatako het 158 000 kubieke meter […]

Read More

Stad Whk misluk weer, Uutoni gee tot 3 Maart

Stad Windhoek se uitdagings met eenheid duur voort. Die raad het weer gepoog om ‘n bestuurskomitee aan te stel maar, daar was nie ‘n kworum nie. Die lynminister, Erastus Uutoni het die raad tot 3 Maart gegee om sy sake in orde te bring anders sal hy moontlik stappe neem om die raad te ontbind, […]

Read More

Vrystaat se plaasveiligheid moet herstel word

Die DA in die Vrystaat vra die hervestiging van landelike plaasveiligheidseenhede in die provinsie ná nog ‘n plaasaanval in die Kestell-gebied. Ses aanvallers het gister vir Suzaan Cordier en ‘n plaaswerker op die plaas Modderfontein aangeval. Bea Campbell-Cloete van die DA sê weens landelike veiligheidseenhede wat nie ten volle in werking is nie, is daar ‘n toename in plaasaanvalle […]

Read More

Boomskole: Geingob se jeugadviseur sê sy aanmerking is uit konteks gebruik 

President Hage Geingob se aanmerkings oor boomskole en onderwysers wat strukture moet oprig om as klaskamers te dien, bly in die nuus. Die Britse BBC het die storie opgetel. Geingob sê onderwysers doen nie die beste met hul hande nie: 

Read More

Elektriese minister sal R37m per jaar kos 

Suid-Afrika se nuwe minister van elektrisiteit gaan belastingbetalers 37 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar kos. Die DA het dit vroeër vandag onthul. President Cyril Ramaphosa het tydens sy staatsrede aangekondig dat hy so ‘n minister gaan aanstel. Suid-Afrika is tans in die greep van die ergste beurtkrag sedert dit in 2008 begin het. Die DA se Leon […]

Read More

Comair dagvaar Boeing oor MAX 

Die lugdiens Comair dagvaar Boeing vir bedrog. Comair dagvaar hulle oor ‘n ooreenkoms om agt MAX-vliegtuie te koop wat toe foutief was. Comair beweer dat Boeing versuim het om probleme met ‘n vlugbeheerstelsel bekend te maak wat gekoppel is aan twee noodlottige ongelukke in Indonesië en Ethiopië waarin 346 mense dood is. Boeing word vir een-komma-vier miljard rand gedagvaar. 

Read More

Miljarde vir Turkye na aardbewing 

Die Wêreldbank sal Turkye 1,7 miljard Amerikaanse dollar se hulp verleen vir noodleniging en herstelwerk ná die dodelike aardbewings. Ongeveer 22 000 mense is dood. Die bank bied onmiddellike hulp deur twee bestaande projekte in die land om basiese munisipale-vlak infrastruktuur te herbou. Dit berei ook ‘n ekstra 1 miljard Amerikaanse dollar voor om mense te ondersteun. Die Wêreldbank […]

Read More

Staatsrede: Geen kommentaar oor afstandwerk-visums nie

Die Stad Kaapstad sê wat ontbreek in President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die visum vir afstandwerkers, is wanneer dit ingestel gaan word. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê in die toerismebedryf is tydsberekening en sekerheid allerbelangrik. Hy voeg by dit is die eerste voorgestelde model vir afstandwerkers sedert die opheffing van die […]

Read More

Okh-inwoners vergader weer met munisipaliteit

Die uitdagings met grond duur voort op Okahandja. Inwoners van informele nedersettings op die dorp, sommiges wat reeds meer as tien jaar wag vir grond om gediens te word maar wel ‘n fooi aan die munisipaliteit moet betaal, sal volgende week Dinsdag met die owerheid ontmoet. Hulle eis eienaarskap van hulle grond voor die 2024-verkiesing. […]

Read More