Saara gesels vandag met uitvoerende direkteurs

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sal vanmiddag om drie-uur met die uitvoerende direkteurs van die land se ministeries vergader. Die premier is verantwoordelik vir die staatsdiens en die vergadering sal veral hulle prestasie evalueer en die pad vorentoe vir die jaar baan. Haar hoof skakelbeampte, Rhingo Mutambo, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die vergadering gesels.