Bipa besoek streke vir kwytskelding

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Dit was na ‘n oorweldigende aanvraag en terugvoer van die sakegemeenskap, veral klein- en mediumgrootte besighede. Bipa gaan verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kan gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, gesels vir ‘n opdatering.