Kaapstad begin ook ent teen masels, geen uitbreking maar wel gevalle

Amptenare van die Gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sluit aan by ‘n nasionale veldtog om ‘n masels-uitbreking hok te slaan. Die veldtog, wat vandag begin en tot die 31ste van volgende maand duur, volg in die nasleep van die masels-uitbreking in vyf provinsies. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê daar is nie ‘n maselsuitbreking in die Wes-Kaap nie, maar daar is vyf gevalle in die provinsie aangemeld: