Amnics Trading verpak net mediese produkte van Maleisië

Shapwa Kanyama het gereageer op die storm rondom sy maatskappy Amnics Trading wat aangekondig is as die voorkeur-bieër vir ‘n multimiljoen Namibiese dollar-tender vir mediese voorsiening. Die tender sluit die verskaffing van kondome ter waarde van N$111 miljoen in. Hy het met die Namibiese dagblad The Namibian gesels.   Amnics Trading se produksiebestuurder, Julio, sê […]

Read More

Nedbank Cycle Challenge 2023 op 12 Februarie

Die Nedbank Cycle Challenge 2023 is vandag by die Nedbank Namibia se hoofkantoor bekendgestel. Dié gewilde fietsry-geleentheid sal op Sondag 12 Februarie by die Nedbank-kampus op die hoek van Fidel Castro- en Reverend Michael Scottstraat in Windhoek plaasvind. Die sportminister Agnes Tjongarero het bevestig inskrywing vir fietsryers is nou oop. Die president van die Namibiese […]

Read More

Nampol: Misdaadgevalle styg tydens feesseisoen

Tydens die 2022/2023-feesseisoen misdaadvoorkomings-operasies van die Namibiese polisie is 1 758 ernstige misdaadgevalle landwyd aangeteken, vergeleke met 1 621 gevalle gedurende die 2021/2022 feesseisoen, wat ‘n styging van 8 persent is. Altesaam 719 verdagtes is gearresteer, vergeleke met 779 verdagtes in die 2021/2022-feesseisoen, sê generaal-majoor Elias Mutota, die adjunk-inspekteur-generaal vir operasies van Nampol. Vir aanranding […]

Read More

Konstruksie aan Savanna Beef se verwerkingsaanleg dalk in Mei  

Savanna Beef Namibia het sy eerste vergadering vir hierdie jaar gehad. Die versoek vir voorstelle vir die ingenieurswese, verkryging en konstruksie van die Savanna Beef-verwerkings-aanleg is vroeg in Desember 2022 uitgestuur. Drie maatskappye het op 25 Januarie ‘n ter plaatse inspeksie bygewoon. Die sperdatum vir die tenderproses is einde Maart. Die Forum vir Beesvleis-waardetoevoeging in […]

Read More

Nanso: Gebrek aan klaskamers grootste kwessie  

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het die eerste fase van sy jaarlikse vlagskip-program, die Toegang tot Onderwys-veldtog in die Zambezi-streek by die Dr. Sam Nujoma Gekombineerde Skool van stapel gestuur. Tot dusver het Nanso se uitvoerende komitee talle skole in die Zambezi-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en Ohangwena-streke besoek, terwyl die streke se uitvoerende komitees ook begin […]

Read More

IVP sê die ANC is aan die slaap oor die kragkrisis

Die IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, sê opposisiepartye moet die toesighoudende rol speel indien ‘n nasionale ramptoestand oor die kragkrisis verklaar word. Dit volg op President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die ANC lekgotla so ‘n verklaring ondersteun. Hlabisa sê die kwessie rondom Eskom en die kragkrisis het inderdaad tot ‘n ramptoestand verval. Hy voeg by plundering […]

Read More

ANC-lekgotla pleit by Brics om hulp vir kragkrisis

Die ANC-lekgotla het by die Brics-lande gepleit om te help om die land se energiekrisis op te los. Dit kom terwyl Suid-Afrika spook om te verseker daar is bestendige kragvoorsiening. Volgens die party kan die land by die kundiges van sy Brics-vennote, soos Rusland en Indië, kers opsteek om te verseker die ligte bly aan. […]

Read More

Elektrisiën van Stad Windhoek SA toe gevlieg weens brandwonde

‘n Werknemer van Stad Windhoek is vandag na Suid-Afrika gevlieg vir mediese noodbehandeling nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het terwyl hy aan diens was. Stad Windhoek het bevestig dat twee werknemers van die elektrisiteits-departement by die Haloid-ladingsentrum in Otjomuise gewerk het toe ‘n elektriese ontploffing plaasgevind het. Die erg beseerde pasiënt in Mediclinic Windhoek is […]

Read More

Schlettwein gee oorsig oor groenskemas

Die Uvhungu Vhungu-suiwelplaas in die Kavango-Oos-streek is vir ‘n tydperk van 25 jaar aan ‘n Namibiese en Indiese gesamentlike onderneming toegeken, nadat die regering buitelandse beleggers na die projekte genooi het. Ndakalimwe Investment CC, wat deur Josef Ndafediva besit word, het saamgespan met Zeuzer India. Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê dié projek en die […]

Read More

IMF verwag SA ekonomie sal met 1,2% groei  

Die Internasionale Monetêre Fonds verwag Suid-Afrika se ekonomie sal vanjaar teen 1,2 persent groei, ten spyte van die verergerde kragonderbrekings. Die vooruitskatting is 0,1-persent hoër as die vooruitskatting in Oktober verlede jaar. Die IMF verwag ‘n oplewing na die pandemie, maar sê swakker eksterne vraag, kragtekorte en strukturele beperkings sal vanjaar groei vertraag. Die fonds […]

Read More