Kenner sê oor Meatco se boeke, rasseherrie

‘n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee op die rasseherrie wat rondom Meatco losgebars het. Dit volg nadat die landbouminister Calle Schlettwein sy teleurstelling uitgespreek het oor die rasse-inslag wat die bespreking oor Meatco ingeneem het. Dit volg ná kommentaar op sosiale media dat daar ‘n agenda is om Meatco te laat ondergaan om die belange van abattoirs in privaat besit te bevorder. Landboukundige Wallie Roux sê hy stem saam met Schlettwein dat Meatco in finansiële moeilikheid is.

Roux gee ook sy mening oor die voormalige adjunk-minister van werke en vervoer, James Sankwasa, wat wit boere daarvan beskuldig dat hulle nie bereid is om ekonomiese voordele in die vleissektor met swart boere te deel nie weens die stigting van Savanna Beef.