Shannon se broer sê hy weet nie watter speletjie Azaan & Steven speel nie

Azaan Madisia en Steven Malundu, wat aangekla word van moord op die Walvisbaaier Shannon Wasserfall in April 2020, se verhoor het vandag voor regter Christie Liebenberg begin. Die twee het skuld ontken op aanklagte van moord en roof, maar skuld beken op ‘n aanklag van dwarsboming van die gereg. Madisia, 30, en Malundu, 24, het erken dat hulle op 10 April 2020 Wasserfall se lyk uit Madisia se woonstel verwyder en naby Walvisbaai se Dunes Mall begrawe het, waar haar oorskot in Oktober ontdek is. Madisia het ook skuld erken op twee aanklagte van versekeringsbedrog. Shannon se broer, Dennis Wasserfall sê hy weet nie watter speletjie die twee speel nie.