Oorlogsveterane kry 9 keer meer as kwesbare kinders

Teen Februarie 2022 was 51,3 persent van Namibiese kinders in armoede met tussen 50 000 en 200 000 van die land se kinders wat tot die groep tydens Covid bygevoeg is. Dit beteken demografies gesproke, is Namibiese kinders die armste van alle Namibiërs. Unicef, wat die syfers bekend gemaak het, sê daar word nie genoeg op voedsel bestee nie. Tussen 2015 en 2020 het fondse wat direk aan voeding bestee word, ‘n skamele 11 persent van die begroting, of 0,04 persent van die BBP, op voeding bestee. Wanneer besteding vir die 2020-2021 boekjaar in ag geneem word, bestee die Namibiese regering nege keer meer op oorlogsveterane as op kwesbare Namibiese kinders.