Eerste motocross van die jaar is op Omaruru!

Die eerste ronde van die Nasionale Motocross-kampioenskap sal volgende week Saterdag op 18 Februarie by Omaruru gehou word. Toeskouers en deelnemers kan uitsien na ‘n aksie-belaaide dag vol adrenalien en familie-vermaak. Phellazie Simon, wat op die reëlingskomitee is, het meer besonderhede.