DA steeds teen Bela gekant

Die DA sê ondanks sekere welkome wysigings aan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, is hy steeds sterk daarteen gekant. Die Nasionale Raad van Provinsies se Gekose Komitee oor Onderwys, Tegnologie, Sport, Kuns en Kultuur het die jongste weergawe van die Bela-wetsontwerp aanvaar. Dit bevat ‘n breër definisie van lyfstraf. Delmaine Christians van die DA sê hulle is steeds bekommerd oor die potensiële impak van die wetsontwerp op skole en gemeenskappe: