
Zondo loof regbank se bydrae tot menseregte - March 19, 2024
Suid-Afrika se hoofregter, Raymond Zondo, het die regbank se deurslaggewende rol in die verdediging van menseregte op die Konferensie oor Menseregte beklemtoon. Hy het die Grondwet uitgelig as ‘n simbool van verbintenis tot menseregte, en beklemtoon die behoefte aan voldoende hulpbronne om vinnige geregtigheid te verseker. Zondo het gepraat tydens die geleentheid, wat die justisie-departement […]
‘Skatryk’ Trump kry nie boetegeld bymekaar nie - March 19, 2024
Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump kon tot dusver nie ‘n verband kry wat hom in staat sou stel om ‘n vonnis van 454 miljoen Amerikaanse dollar in ‘n siviele bedrogsaak in New York te appelleer sonder om self die volle bedrag te betaal nie. Trump moet óf die kontant vind óf ‘n verband kry […]
Kalkfeld sny water af oor streeksraad-skuld - March 18, 2024
Gesamentlike skuld van 15 miljoen Namibiese dollar wat inwoners van Kalkfeld aan die Otjozondjupa-streeksraad verskuldig is, het gelei tot waterbesnoeiings vir diegene wat agterstallig is. Dit is bevestig deur streekraad voorsitter Marlene Mbakera, wat sê die skuld strem dienslewering en ontwikkeling in die dorp. Kalkfeld het die meeste skuld in onbetaalde tariewe en belasting in […]
Doen iets aan Paasvakansie padsterftes! - March 18, 2024
Die buurland se onafhanklike sertifiseringsliggaam, JC Auditors, moedig proaktiewe maatreëls aan voor die Paasvakansie om padveiligheid-uitdagings die hoof te bied. Met padsterftes wat byna 40-persent opgeskiet het tydens verlede jaar se Paasnaweek, is verhoogde waaksaamheid noodsaaklik. JC Auditors vra eenvoudige, maar sterk veiligheidsveldtogte in die padvervoersektor, wat bestuurders se ingesteldheid en optrede verander, omdat dit […]
“Katastrofiese” voedseltekorte in Gaza - March 18, 2024
Uiterste voedseltekorte in dele van die Gazastrook het reeds hongersnoodvlakke ver oorskry, en massadood is nou op hande sonder ‘n onmiddellike wapenstilstand en oplewing van voedsel na gebiede wat deur gevegte afgesny is, volgens die wêreldwye hongermonitor. Die Geïntegreerde Voedselsekerheid-fase Klassifikasie, IPC, op wie se assesserings deur VN-agentskappe staatgemaak word, sê 70 persent van die […]
Oud-Bok Ruan Pienaar gaan dalk afrig na aftrede - March 18, 2024
Rugby: Die oud-Springbok Ruan Pienaar sal na verwagting begin afrig wanneer hy sy speelloopbaan beëindig. Die 40-jarige het onlangs aangekondig hy beoog om sy stewels in Mei op te hang na ‘n loopbaan van meer as 20 jaar. Hy was deel van die Bokke se Wêreldbeker-wennende groep van 2007 en het 88 toetse vir Suid-Afrika […]
Mbumba kuier by Cyril - March 18, 2024
President Nangolo Mbumba is op ‘n kort besoek aan Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa. Volgens die buurland se samewerkende regering-minister, Nkosazana Dlamini-Zuma, simboliseer dit die blywende betrekkinge tussen Namibië en Suid-Afrika. Beide nasies gaan voort om samewerking te beklemtoon, met die doel om diplomatieke bande te versterk en gedeelde doelwitte na te streef. Dlamini-Zuma sê […]
Regering voer nie altyd projekte, beleide deur: Ngaringombe - March 18, 2024
President Nangolo Mbumba het tydens sy staatsrede verwys na die Besigheidsredding-taakspan—een van die inisiatiewe binne die Harambee-voorspoedsplan wat deur wyle president Hage Geingob in Julie 2021 opgestel is. Die projek is veronderstel om op sakereddings-aktiwiteite te konsentreer, en volgens Mbumba is die implementering daarvan op koers. Volgens ‘n verslag wat deur die taakspan uitgereik is, […]
Kaapstad kom eerste in Bestuursprestasie-indeks - March 18, 2024
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die stad se eerste plek onder Suid-Afrika se metro’s in die Goeie Bestuur Afrika se Bestuursprestasie-indeks vir 2024, verwelkom. Die indeks beoordeel die land se stede, en plaaslike en distriksmunisipaliteite, in vyf goeie bestuurskategorieë. Kaapstad is die enigste metro wat ‘n minimum van vier uit vyf behaal in […]
China se Xi wens vriend Putin geluk - March 18, 2024
Die Chinese president, Xi Jinping, het Vladimir Putin gelukgewens met sy verkiesingsoorwinning. Die bande tussen Moskou en Beijing verdiep steeds en Xi meen die Russiese president speel ‘n groot rol in vooruitgang. Die Russiese staatsmedia beskryf die verkiesing as ‘n wegholoorwinning vir Putin al het hy geen kompetisie gehad nie. Die oorwinning kan die voormalige […]