Britse dieetpil verbied – bevat gif

’n Chemiese verbinding wat in verslankingspille gebruik word, wat na bewering minstens 33 mense in die Verenigde Koninkryk se dood veroorsaak het, sal by daardie land se lys van gifstowwe gevoeg word. Dit volg op ‘n jaar lange veldtog deur die families van diegene wat gesterf het. DNP, of 2,4-Dinitrofenol, word as ‘n plofstof geklassifiseer en is vir menslike gebruik verbied, maar is op die internet as ‘n gewigsverlies hulpmiddel bemark. Dr. Simon Hill van die Nasionale Gifinligtingsdiens in Brittanje sê DNP is nie ‘n medikasie nie; dit is nie ‘n ontspanningsmiddel nie, dit is nie ‘n voedingsaanvulling nie, dit is ‘n giftige chemikalie. Daar is geen veilige menslike dosis nie.