Efundja: 2 000 leerders tuis, hoërskool kry nog onderrig

Vier skole is tydelik in die Oshana-streek weens die vloede gesluit terwyl meer as 80 onderwysers en sowat 2 000 leerders by die huis sit. Nóg vyf skole sal na verwagting in die streek sluit, maar onderrig gaan voort vir hoërskoolleerders. Volgens die adjunk-onderwysdirekteur in die streek, Hilma George, word die vloedsituasie gemonitor en die betrokke owerhede staan gereed om op te tree, sou die situasie ‘n ingryping vereis. Die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus die ministerie is op hoogte van wat op grondvlak gebeur en die prioriteit is om leerders en onderwysers te beskerm.