Verpligtend om belastingnommer op NamRA-platforms te gebruik

Die Namibiese Inkomste-agentskap is tans besig om sy stelsels meer vaartbelyn te maak en het, in samewerking met die Internasionale Monetêre Fonds sy prosesse en stelsels hersien. Die agentskap sê een van die nuwe maatreëls sluit in die verpligte gebruik van die betrokke belastingnommer op al sy platforms wat diensverskaffers, handelaars en enige aksyns- en doeanedienste insluit. Die maatreël is reeds van krag. Die gebruik van die nommer is verpligtend wanneer enige goedere die land inkom.