Tiger se laaitie Charlie kwalifiseer weer nie

Die major-kampioen Tiger Woods se 15-jarige seun, Charlie, het ‘n rondte van 81 houe gespeel en kan nie meer vir die Amerikaanse Ope kwalifiseer nie. Woods junior was onder 84 spelers wat vir die plaaslike kwalifiseringstoernooi in Florida ingeskryf het. Die topvyf gaan deur na die 36-putjie-kwalifiseerder in Junie. Hy was een van 10 084 gholfspelers wat aan plaaslike kwalifiseringstoernooie deelneem vir een van die 80 plekke om in Junie aan die Amerikaanse Ope by Pinehurst deel te neem.